Wilfried Stolze Klavierstemmer by TRUK - Werner Stolze Pianos
16723
post-template-default,single,single-post,postid-16723,single-format-standard,ajax_fade,page_not_loaded,,columns-4,qode-theme-ver-10.1.1,wpb-js-composer js-comp-ver-5.0.1,vc_responsive
 

Wilfried Stolze Klavierstemmer by TRUK

Wilfried Stolze Klavierstemmer by TRUK

Publikasie: TRUK PACT INFO 14
Uitgawe: Februarie, Maart, April 1995
Bladsy: 34

Wilfried Stolze Klavierstemmer by TRUK

Teatergangers is nie altyd bewus van die woelige gewarskaf wat ‘n musiek konser voorafgaan agter die skerms nie. Een van die belangrikste take is die stem van die klavier kort voor die uitvoering. Indien die klavier enigsins geskuif was of iemand iets daarop gespeel het (al het die klavier net gestaan) word hy weer eens akkuraat ingestem.

Top pianist se gehoor is oor die algemeen so fyn ingestel en sensitief, dat ‘n klavier wat slegs met ‘n mikro-Herz uit is ‘n kunstenaar se kan omkrap da thy kan weier om sy uitvoering te gee. Selfs die keuse van klavier kan ‘n problem skep omdat party kunstenaars meer hou van ‘n Steinway, terwyl ander ‘n Bösendorfer verkies. In beide gevalle is dit gewoonlik die hoer note wat makliker hul helderheid van toon verloor aangesien hoë note se klankgolwe fyner is en met meer spanning voortgebring word.

Die belangrike taak om hierdie wereldgehalte pianist gelukkig te hou met puik stemwerk behoort aan Wilfried Kurt Stolze, TRUK se vaste klavierstemmer. Wilfried is deel van ‘n derde geslag van klavierbouers uit Duitsland en het sy vakkundige opleiding by sy oupa se klavierfabriek in 1957 voltooi. Dit het behels da thy ‘n klavier self moes bou – wat houtwerk, snare, poleerwerk, afwerking, ivoorwerk, met ander woorde, alles ingesluit het. (Terloops, sedert 1990 is die gebruik van ivoor vir klavierklawers onwettig.)

Wilfried se lewensverhaal is net so interessant soos sy beroep. Hy het ses maande voor die Muur in Berlyn opgerig is uit Oos-Duitsland na Berlyn ontsnap deur middle van die ondergrondse moltrein. Dit is ‘n long verhaal wat nie hier vertel kan word nie, maar Wilfried is wel kort hierna na ‘n vlugtelingkamp in Wes-Berlyn geneem waar hy ‘n kamer met drie ander gesinne gedeel het in ysige toestande van 17 grade onder vriespunt, sonder warm water of enige geriewe. Hy vertel dat elke person net ‘n nommer was en niemand mekaar se name geken het nie – om te verseker dat geen inligting kon uitlek nie.

Later het hy in Hamburg handarbeid verrig voordat hy met ‘n Duitse paspoort na Johannesburg toe gekom en by Bothner begin werk het. Hierdie fabriek het onder meer Knight en Otto Bach klaviere gebou. In 1962 het hy sy eie onderneming vir harstelwerk en stemmery begin.

Hy sê dit is baie jammer dat daar geen opleidingsfasiliteite vir klavierbours in Suid-Afrika is nie. Slegs ‘n skool vir blindes in Worcester gee nog onderrig in die kuns van klavierstemmery. Klavierbouery daarenteen behels jare se vakopleiding en die laaste klavierfabriek, die Dietmannfabriek in Wellington, het reeds in 1991 gesluit. Derhalwe sterf die ambag (en ‘n geslag van klavierbouers en goeie herstellers) uit, en sal dit dalk vir toekomstige geslagte verlore wees. Dit sou goed wees as die staat sou oorweeg om op hierdie wyse werk te verskaf in die toekoms en terselfdertyd te verseker dat musiekinstrumente vir meer mense in die bevolking toeganglik kan wees.

Mnr Stolze stem nog op gehoor, alhoewel hy geensins klavier speel nie. Hy gebruik ook nie ‘n elektroniese stemmer nie en vertel dat sy oupa, asook pa, tot en met hulle dood nog in hulle beroep gestaan het en nooit afgetree het nie.

Die not waarop die orkes instem. Middle A, word gemet op 440 vibrasies per sekonde. TRUK stem partykeer in op 442 Herz, effens hoer, sodat die strykers beter kan klink. In Mozart se tyd was ‘Middal A’ beslis laer aangesien hulle houtrame in hulle klaviere gehad het.

Raad met die koop van tweedehandse klaviere

Wanneer ‘n klavier se ysterraam (potyster) gebreek het, glo Wilfried geensins aan die herstel of sweis daarvan nie. Die raam hou die snare in posisie en moet gedurende ‘n konsert 17 tot 18 ton spanning vanaf die snare dra. Die raam sal weer breek en kan in die toekom baie geld kos om weer te herstel. Hy sê dat ‘n mens altyd die raamwerk van ‘n klavier deeglik moet ondersoek voordat jy ‘n tweedehandse klavier koop – al lyk hy buite hoe mooi. Die meganiese dele is meer belangrik want ‘n mens kan altyd die buitekant herstel.

Wilfried noem ook dat die grootse herstelwerk aan klviere gewoonlik die vervanging van die verskillende soorte vilt is. Gewoonlik vreet motte of muise die vilt (wat van skaapwol gemaak is) weg of beskadig dit. In die klavier slaan hout nooit teen hout nie – daar is vilt oor alles. Hammertjies bedek met vilt slaan teen die snare. Hy reken dat die slytasie van klavier self nooit so erg is as die skade deur motte of muise nie. Die gebruik van mottegif is dus belangrik. Klaviere moet gereeld ondersoek word vir tekens van muise.